HMS Iron Duke

Die HMS Iron Duke

Die HMS Iron Duke was 'n slagskip van die Britse Vloot en het diens gedoen tydens die Eerste Wêreldoorlog. Hy was die vlagskip van die Britse Vloot vanaf 1914 tot 1916. Die Iron Duke was 'n ware slagskip: swaar gewapen en swaar gepantser. Hy het 'n 13-duim laag pantser gehad en was toegerus met tien 13,5 duim kanonne. Sy verplasing was 25 000 ton. Hy het ook sekondêre kanonne gedra, wel twaalf 6-duim kanonne, en ook toegerus met vier 21-duim torpedobuise. Verder was hy toegerus met twee 3-duim lugafweerkanonne, die eerste skip wat met sodanige kanonne toegerus was. Hy het beïndruk met sy akkurate skietwerk tydens die Slag van Jutland en het onder andere die SMS König getref.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy